Inhoud

Hier kry jy die inligting oor die hoofstukke en so bietjie inligting oor elke hoofstuk.

Onthou dat van die hoofstukke nie deurgewerk is nie. Soos ek dit skryf sit ek dit op. So foute en veranderinge sal gebeur. Kyk na die datum om te sien wanneer die laaste verandering gemaak is.

Baie dele van die storie is gegrond op werklike gebeure. Nie alles nie. Besluit maar self wat is regtig en wat is nie. Miskien is alles net ‘n storie in ‘n storie oor ‘n storie.

Ludwig

Hoofstuk Een
Hier sien ons hoe Billy gebore is en wat met hom gebeur het. Ons weet nie hoekom sy storie so sleg begin nie maar lees aan. Jy sal later verstaan.  Dit begin in 1967…In ‘n klein dorpie genaamd Henley-On-Klip.
Hoofstuk Twee
Ons begin ‘n bietjie lees oor die speurder en ook die eerste donker organisasie en hoe hulle in die storie ingeweef word.
Hoofstuk Drie
Ons ontmoet vir die eerste keer vir Billy toe hy in die weermag was. Die jaar is 1986. Dit is waar ons begin sien hoe die weermag van ouds, politieke figure in Suid Afrika, Zimbabwe en Mosambiek en ook georganiseerde misdaad betrokke raak of steeds is.